Kennismakingsronde – en de beurt is aan Samuel Murray

2 nov, 2026

Wie zijn al die vertalers en tolken die lid zijn van de SNVT? Nieuwe netwerkers vragen we altijd om zich kort voor te stellen, maar wie zijn al die andere netwerkers? In deze serie krijg je deels een antwoord op deze vraag.

Het lijkt ons leuk als Samuel onze vragen in het Afrikaans zou beantwoorden. Met een beetje aandacht en nauwelijks moeite begrijp je meer dan je denkt. En ná de presentatie van Samuel en Margriet in september jl. is voor de SNVT-ers het lezen van een korte tekst in het Afrikaans echt “fluit-fluit”.

Samuel, zou je jezelf willen voorstellen?

Goeie dag, almal. Ek is Samuel Murray, en ek is ’n vertaler uit Engels in Afrikaans, en andersom. Ek sê “vertaler” want so noem ek myself, maar in werklikheid is meer as die helfte van my werk redigering (d.w.s. kontroleer of ander vertalers se vertalings akkuraat is).

Ek bemark myself as ’n algemene vertaler, maar 70% van my werk is farmaseuties van aard — ek vertaal veral ingeligtetoestemmingsvorms vir kliniese navorsingstudies. Tien jaar gelede het ek ook heelwat sagtewarevertaling gedoen. Ek het byvoorbeeld Windows Vista in Afrikaans vertaal, en ek was vir ’n lang tyd die hoofvertaler in Afrikaans by Google, vir Gnome (Linux) en TikTok/Musical.ly.

Soos julle almal weet kom ek uit Suid-Afrika. My vrou kom oorspronklik uit Nederland, maar ons het in Suid-Afrika ontmoet en is daar getroud, en het twee kinders, wat nou al 23 en 24 jaar oud is. Ek woon al sedert 2010 in Nederland. Ons het na Nederland verhuis omdat my kinders albei spesiale onderwys nodig gehad het, wat in Suid-Afrika baie duur sou wees.

  • Was tolk/vertaler altijd je hoofdberoep, of heb je eerst een andere carrière gehad? Hoe kwam het dat je tolk/vertaler bent geworden?

In my eerste jaar op universiteit het ek siviele ingenieurswese gestudeer (wat in Nederland “infra” genoem word), maar ek het binne enkele weke besef dat dit nie die regte loopbaan vir my is nie. (Ek het eintlik nie geweet wat ek wou word nie, en die aanlegtoetse het gesê ek moet in daardie rigting studeer.)

Daarna het ek vir drie jaar vertaling gestudeer en ’n diploma behaal wat Nuffic beskou as “overeenkomt met 3 jaar van een 4-jarige bacheloropleiding”. Ek wou baie graag ’n graad verwerf maar daar was te min belangstelling by my medestudente, wat eerder onmiddellik die arbeidsmark wou betree, waarvoor die diploma voldoende was.

Ek het vir vyf jaar by ’n koerant gewerk as vertaler in die advertensieafdeling. Ek het dit baie geniet omdat ’n mens in ’n groot kantoor saam met ander vertalers, grafiese kunstenaars en bladopmakers werk. Die spertye was altyd baie kort (die drukker wag nie vir jou nie), en dit het my geleer om akkuraat en vinnig te werk.

Ek het ook vir twee jaar by ’n sagtewaremaatskappy gewerk wat hulle op taalbemagtiging van minderheidstale toegespits het. My hooftaak was om amateurvertalers te bestuur wat diverse oopbron-sagteware in verskeie tale vertaal.

  • Wat vind je het leukst aan je werk? 

Ek hou van die balans tussen die feit dat die werk herhalend van aard is en ook ’n bietjie kreatief is en vereis dat ’n mens presies en akkuraat te werk moet gaan. Elke vertaling is weer anders, maar elke vertaling is weer dieselfde. Ek besef sommige mense verkies baie variasie in hul werk, maar ek geniet dit om elke dag dieselfde te doen.

  • Heb je een USP? Zo ja, wat is die?

My e-poshandtekening sê “Efficient English-Afrikaans translator”. Ek is ’n relatief middelmatige vertaler maar ek is baie vinnig en akkuraat.

  • Is tolk of vertaler een aantrekkelijk beroep om nu voor te kiezen? Waarom zou een jong iemand tolk of vertaler willen worden, volgens jou?

Nee, nie vertaler nie. Daar is nog ’n toekoms vir tolke, maar ek sien swarigheid vir vertalers in die nabye toekoms. Tariewe is onder groot druk en kliënte waardeer nie meer ’n goeie vertaling nie. En die samelewing is deesdae te verdraagsaam teenoor sleg geskrewe teks.

  • Hoe heb je van de SNVT gehoord?

Waarom ben je lid geworden?

Ek dink ek het van die SNVT gehoor by mense van die NGTV kring Den Haag, waarvan ek vir ’n kort tydjie lid was. Ek het lid geword omdat die SNVT gereeld bymekaarkom. Dis trouens ook waarom ek by die NGTV aangesluit het — om na byeenkomste te gaan — maar die meeste van die NGTV se kringe het ongelukkig opgehou om bymekaar te kom.

  • Wat is het leuke/beste met de SNVT?

Dis lekker dat die SNVT elke twee maande ’n byeenkoms het.

  • Ben je ook lid van andere beroepsorganisaties? Zo ja, hoe verschilt de SNVT van die organisaties?

Ek is lid van SENSE en sit sedert 2021 op hul uitvoerende bestuur (as webmeester). Ek sal waarskynlik vir etlike jare nog op SENSE se nie-uitvoerende bestuur dien. Ek is sedert 2022 lid van die NGTV en probeer soveel as moontlik kringbyeenkomste bywoon. Ek is tesourier van die VVTNN (en aangesien hulle die NGTV se kring Regio Friesland-Groningen-Drenthe se byeenkomste reël, is ek de facto ’n kringkoördinator by die NGTV).

Ek is tegnies gesproke lid van die ATA, maar eerlik gesê het ek daar slegs lid geword sodat my naam op hul vryskutregister kon verskyn — wat al vir my heelwat werk besorg het. In Suid-Afrika is ek lid van SATI (die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut, wat soos die NGTV is) en PEG (Professional Editors Guild, wat soos SENSE is).